Fotoskool+

Fotoskool+

Wat die program behels:

Die program behels die volgende:

Hierdie kursus bestaan uit 33 lesse wat aanlyn beskikbaar gemaak word. Die lesse is so ontwerp dat  jy vanaf Beginnersvlak (watter tipes kameras kry mens) tot gevorderde vlak leer van fotografie. Jy kry 6 maande om die paar lesse te voltooi en jy kan teen jou eie pas werk.

Daar sal dan ook met die meeste lesse ‘n kort praktiese opdrag wees wat nie verpligtend is nie, maar ons glo dit is uiters belangrik om jou fotografie te verbeter.

Die kursus bestaan doelbewus uit kort modules aangesien ons geleer het dat die tydsfaktor vir almal ‘n krisis kan veroorsaak.  Die opdragte is ook kort en daarop gerig om jou vanaf Beginnersvlak na ‘n Gevorderde vlak van fotografie te neem. Die meeste opdragte sal dan ook 1:1 terugvoer insluit, en jy sal vind dat jy versoek word om dalk opdragte te herhaal. Moet dit nie as ‘n mislukking beskou nie; eerder as ‘n geleentheid om te groei en te leer.

Ons beoog om hierdie kursus die mees omvattende fotografie opleidingsprogram van sy soort te maak. Hoewel die kern van die materiaal in Afrikaans is, het ons die beste moontlike webwerwe opgesoek om addisionele inligting te verskaf. Ons is ongelooflik opgewonde oor die moontlikhede wat die kursus bied.

Kostes vir die Fotoskool Plus kursus is  R2900 indien jy voor 1 Desember 2017 inskryf en betaal. Vanaf 2018 beloop kursuskostes R3500. Ons weet dat programme van hierdie omvang baie duurder is maar aangesien ons almal gaan saam leer gedurende hierdie jaar is die kostes werklik so laag as moontlik gehou.

Ons is ook vir die eerste keer op ‘n nuwe platform, en, aangesien ons eerste inname op hierdie platform dalk kan tegnologie-probleme opdoen, het ons gedink om die fooi darem net laer te hou, want julle leer mos saam met ons!

Ons hoop hierdie gaan vir jou ‘n heerlike ervaring word!